Monarch Airlines

Monarch Airlines
IATA ICAO Roepteken
ZB MON MONARCH
Gestig5 Junie 1967
Eerste vlug5 April 1968
Laaste vlug2 Oktober 2017[1]
Bedryfsbasisse
LojaliteitsprogramVantage Club
Vlootgrootte35 (met sluiting)
Bestemmings43 (met sluiting)
HoofkantoorLughawe Londen-Luton
Luton, Verenigde Koninkryk
Webwerfhttp://www.monarch.co.uk

Monarch Airlines was 'n Britse lugredery gebaseer op Londen se Luton-lughawe,[2] en het geskeduleerde vlugte bedryf na bestemmings om die Middellandse See, die Kanariese Eilande, Ciprus, Egipte, Griekeland en Turkye, met bykomende huurvlugdienste na Europa, die Verenigde State van Amerika, die Karibiese Eilande, Indië en Afrika.

Die lugredery was besit deur Globus Travel Group, met sy hoofkantoor by Luton en ook basisse by Birmingham, East Midlands, Leeds/Bradford, Gatwick en Manchester-lughawe. Monarch was destyds die oudste Britse lugredery wat nie sy oorspronklike naam verander het nie. Dit het werk verskaf aan ongeveer 3 000 werknemers.[3]

Monarch Airlines het meer as 6,8 miljoen passasiers in 2013 vervoer, 'n toename van 8% in vergelyking met 2012 en 'n rekord vir die lugredery. Die maatskappy het oor 'n "Tipe A" operateurslisensie van die Verenigde Koninkryk Burgerlugvaartowerheid beskik, wat dit gemagtig het om passasiers, vrag en pos op vliegtuie met 20 of meer sitplekke te vervoer.[4]

  1. "Monarch Airlines has ceased trading". CAA. Civil Aviation Authority. Besoek op 2 Oktober 2017.
  2. Monarch Airlines. Besoek op 6 November 2010.
  3. Monarch feite & syfers
  4. "Operateurslisensie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2007. Besoek op 21 Augustus 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne