Monsters: The Lyle and Erik Menendez Story | |
Genre | Ware moorddrama |
---|---|
Geskryf deur | Ian Brennan |
Met |
|
Oorsprong | VSA |
Taal | Engels |
Aantal episodes | 9 |
Produksie | |
Vervaardiger(s) | Ryan Murphy |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | Netflix |
Oorspronklike lopie | 19 September 2024 |
Kronologie | |
Voorafgegaan deur | The Jeffrey Dahmer Story |
Monsters: The Lyle and Erik Menendez Story is die tweede seisoen van die Amerikaanse biografiese misdaaddramareeks vir televisie Monster. Dit is vir Netflix geskep deur die vervaardiger Ryan Murphy en skrywer Ian Brennan. Die tweede seisoen sentreer om die moord in 1989 op José (Javier Bardem) en Kitty Menendez (Chloë Sevigny) deur hulle seuns, Lyle (Nicholas Alexander Chavez) en Erik (Cooper Koch). Dit vertel die storie uit verskillende perspektiewe, met die broers se oogpunt as die sentrale vertelling.
Dit is die tweede seisoen in die Monster-reeks en volg op Dahmer – Monster: The Jeffrey Dahmer Story. Die program is aanvanklik in 2020 as 'n beperkte reeks bestel, maar Netflix het in 2022 aangekondig dat dit uitgebrei is met twee verdere uitgawes wat geskoei is op "ander monsteragtige figure". Die ontwikkeling van die tweede seisoen, wat op die Menendez-broers fokus, is op 1 Mei 2023 aangekondig.
Met die première op 19 September 2024 het die seisoen gemengde resensies gekry, hoewel die toneelspel van veral Bardem en Koch geprys is. Kritiek is uitgespreek oor die lengte, inkonsekwente toon en die uitbeelding van die bloedskandelike verhouding tussen die Menendez-broers. Erik Menendez het die seisoen gekritiseer oor die onakkuraathede en die uitbeelding van Lyle. Dit was 'n kommersiële sukses en met sy debuut was dit wêreldwyd die nommereenreeks op Netflix. 'n Derde seisoen met die titel The Original Monster word tans ontwikkel, met Charlie Hunnam as die reeksmoordenaar Ed Gein.