Le Mont-Saint-Michel | |
---|---|
Koördinate: 48°38′10″N 1°30′41″W / 48.63611°N 1.51139°W | |
Land | ![]() |
Gewes | ![]() |
Département | ![]() |
Arrondissement | Avranches |
Kanton | Pontorson |
Stigting | 708 |
Regering | |
• Burgemeester | Éric Vannier |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,97 km2 (0,37 vk. myl) |
Hoogte | 5–80 m (16–260 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 44 |
Poskode | 50170 |
Skakelkodes | 50353 |
Webwerf | mont-saint-michel.net |
Mont-Saint-Michel is 'n abdy, gebou op 'n rotsagtige eiland met 'n oppervlak van 55 000 vierkante meter aan die Normandies-Bretonse kus (département Manche, Frankryk). Die abdy maak deel uit van die gelyknamige dorp in die kanton van Pontorson.
Die berg, wat sedert die jaar 1979 as een van UNESCO se wêrelderfenisgebiede gelys word, is in 1987 tot 'n nasionale historiese monument verklaar. Dit word dikwels met die Sewe wonders van die wêreld vergelyk en is met jaarliks meer as drie miljoen besoekers een van die gewildste toeristebestemmings in Frankryk.