Montgomery Clift

Montgomery Clift
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Publisiteitsfoto van Clift (omstreeks 1948)

Geboortenaam Edward Montgomery Clift
Geboorte 17 Oktober 1920
Omaha, Nebraska, VSA
Sterfte 23 Julie 1966
New York, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1933–'66
Rolprente The Search (1948)
A Place in the Sun (1951)
From Here to Eternity (1953)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Edward Montgomery Clift (17 Oktober 1920 – 23 Julie 1966) was ’n Amerikaanse rolprent- en teaterakteur.[1] In die New York Times se huldeblyk word melding gemaak van sy uitbeelding van "buierige, sensitiewe jong mans".[2]

Hy het dikwels buitestanders en "slagoffer-helde" gespeel;[3] voorbeelde sluit in die aansiensoeker in George Stevens se A Place in the Sun, die angstige Katolieke priester in Alfred Hitchcock se I Confess, die gedoemde soldaat Robert E. Lee Prewitt in Fred Zinnemann se From Here to Eternity, en die geboeliede Joodse soldaat in Edward Dmytryk se The Young Lions.

Ná ’n motorongeluk in 1956, waarin hy geskend is, en die misbruik van alkohol en voorskrifmedisyne het hy wispelturig geword. Hy het egter sy rolprentloopbaan voortgesit met rolle soos die "roekelose, alkoholistiese rodeoryer met ’n moederfiksasie" in John Huston se The Misfits, die titelrol in Huston se Freud: The Secret Passion en die konsentrasiekamp-slagoffer in Stanley Kramer se Judgment at Nuremberg."[4]

Clift is tydens sy loopbaan vier keer vir ’n Oscar benoem: drie vir beste akteur en een vir beste manlike byspeler.[5]

  1. Huldeblyk, Variety, 27 Julie 1966.
  2. "Montgomery Clift Dead at 45". The New York Times (in Engels). 24 Julie 1966. p. 61, Sondag-bladsy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2012.
  3. Philip French se Screen Legends, The Observer Review, 17 Januarie 2010.
  4. The Observer Review, 17 Januarie 2010
  5. "Montgomery Clift". Oscars.com. Besoek op 1 Februarie 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne