Montpelier | |
---|---|
Stad | |
Vermont State House is in 1859 opgerig | |
Ligging van Montpelier in Vermont, VSA | |
Koördinate: 44°15′0″N 72°34′0″W / 44.25000°N 72.56667°W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Vermont |
County | Washington |
Stigting | 1787 |
Geïnkorporeer as dorp op | 1818 |
Geïnkorporeer as stad op | 1895 |
Oppervlak | |
• Totaal | 26,6 km2 (10,3 vk. myl) |
• Land | 26,5 km2 (10,2 vk. myl) |
• Water | 0,1 km2 (0,1 vk. myl) |
Hoogte | 182 m (600 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 7 855 |
• Digtheid | 302,7/km2 (739,9/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
ZIP-kode | 05601-05604, 05609, 05620, 05633 |
Skakelkodes | 802 |
Webwerf | montpelier-vt.org |
Montpelier is die hoofstad van die deelstaat Vermont (noordoostelike Verenigde State) en administratiewe sentrum van die distrik Washington in die noordelke gedeelte van Sentraal-Vermont. Montpelier lê teen 'n hoogte van 350 meter bo seevlak in 'n vallei van die Groen Berge.
Met 'n bevolking van slegs 7 855 mense volgens die sensus van 2010 is Montpelier die kleinste hoofstad van 'n Amerikaanse deelstaat. Saam met Barre vorm Montpelier 'n klein mikropolitaanse gebied in die hartland van Vermont, wat ook as twin cities ("tweelingstad") bekend staan.
Die stad huisves die Kulinêre Instituut van Nieu-Engeland (Engels: New England Culinary Institute) en die hoofkwartiere van 'n aantal assuransiemaatskappye en tree ook as gasheerstad van die Green Mountains-filmfees op.
Die houtbedryf en granietverwerking was vroeër die ekonomiese basis van Montpelier, en slegs die laasgenoemde nywerheid speel tans nog 'n klein rol.