Montreal-Wes Montreal West (en) Montréal-Ouest (fr) | |
---|---|
Dorp | |
Die raadsaal van Montreal-Wes | |
Koördinate: 45°27′13″N 73°38′50″W / 45.45361°N 73.64722°W | |
Land | Kanada |
Provinsie | Quebec |
Region | Montreal |
Stigting | 1897 |
Geïnkorporeer op | 1 Januarie 2006 |
Regering | |
• Burgemeester | Beny Masella |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,41 km2 (0,54 vk. myl) |
• Land | 1,40 km2 (0,54 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 5 085 |
• Digtheid | 3 614,6/km2 (9 362/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
Poskode | H4X, H4B |
Skakelkodes | 514, 438 |
Webwerf | montreal-ouest.ca |
Montreal-Wes (Frans: Montréal-Ouest (amptelike naam), Engels: Montreal West) is 'n merendeels Engelssprekende dorp op Montrealeiland in die suidweste van die Kanadese provinsie Quebec met 'n oppervlakte van 1,4 vierkante kilometer en 5 085 inwoners.
Montreal-Wes is op 1 Januarie 2002 met sy voorstede Côte Saint-Luc en Hampstead saamgesmelt tot die nuwe stadsbuurt Côte-Saint-Luc-Hampstead-Montréal-Ouest en by Montreal ingelyf, alhoewel 97 persent van die bevolking teen die samesmelting gestem het. In 'n nuwe referendum, wat op 20 Junie 2004 gehou is, het die inwoners hulle ten gunste van die ontbinding van die nuwe stadsbuurt uitgespreek, en Montreal-Wes is op 1 Januarie 2006 as 'n selfstandige dorp herstel.
Montreal-Wes, wat in die plaaslike omgangstaal ook as MoWest bekend staan, bestaan hoofsaaklik uit gesinshuise. Die meerderheid van die bevolking van 5 285 (2008) is jong gesinne. Van die inwoners praat 85 persent Engels as eerste taal.