Moord op James Bulger

James Patrick Bulger (16 Maart 1990[1] - 12 Februarie 1993) was 'n tweejarige seun van Kirkby, Merseyside, Engeland, wat op 12 Februarie 1993 deur twee 10-jarige seuns – Robert Thompson (gebore 23 Augustus 1982) en Jon Venables (gebore 13 Augustus 1982) – ontvoer, gemartel en vermoor is.[2][3] Thompson en Venables het Bulger van die New Strand-winkelsentrum in Bootle weggelei toe sy ma vir 'n oomblik van haar seun wegkyk. Sy verminkte liggaam is twee dae ná sy ontvoering op 'n treinspoor 4 km van daar in Walton, Liverpool, ontdek.

Thompson en Venables is op 20 Februarie 1993 aangekla van ontvoering en moord. Hulle is op 24 November skuldig bevind en was die jongste veroordeelde moordenaars in die moderne Britse geskiedenis. Hulle is lewenslange tronkstraf opgelê en het in aanhouding gebly totdat 'n paroolraad in Junie 2001 aanbeveel het dat hulle op 18-jarige ouderdom op parool vrygelaat word.[4] Venables is in 2010 tronk toe gestuur vir die verbreking van sy parool, is in 2013 weer op parool vrygelaat en is in November 2017 weer tronk toe gestuur vir die besit van foto's met seksuele kindermisbruik op sy rekenaar.

Die Bulgersaak het 'n wydverspreide debat ontlok oor hoe om jong oortreders te hanteer wanneer hulle gevonnis of vrygelaat word.[5][6]

  1. "The killers and the victims". CNN. 22 Junie 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2010. Besoek op 8 Maart 2010.
  2. Smith, David James (3 April 2011). "The Secret Life of a Killer" (PDF). The Sunday Times Magazine: 22–34. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 12 November 2013.
  3. "Bulger killers to be released on parole". The Independent (in Engels (VK)). 22 Junie 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2018. Besoek op 7 Februarie 2018.
  4. Firth, Paul (3 Maart 2010). "A question of release and redemption as Bulger killer goes back into custody". Yorkshire Post. Johnston Press. Besoek op 8 Maart 2010.
  5. Anna-Louise Taylor (21 April 2011). "How should young killers be treated?". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne