Moore se wet beskryf 'n belangrike neiging in die geskiedenis van rekenaars: die aantal transistors wat ekonomies op 'n geïntegreerde stroombaan geplaas kan word, vermeerder eksponensieel met 'n verdubbeling elke twee jaar.[1]
Die waarneming is vir die eerste keer deur die medestigter van Intel, Gordon Moore gemaak in 'n publikasie in 1965.[2][3][4] Hierdie neiging het voortgeduur vir meer as 'n halfeeu en daar word voorspel dat dit sal voortduur vir ten minste nog 'n dekade indien nie langer nie.[5]
Byna alle maatstawwe van die vermoëns van digitale elektroniese toestelle hou verband met Moore se wet: verwerkingsnelheid, geheuekapasiteit en selfs die resolusie van digitale kameras. Al hierdie maatstawwe is ook besig om rofweg eksponensieel te verbeter. Dit het meegebring dat nutswaarde van digitale elektronika dramaties toegeneem het in bykans elke segment van die wêreldekonomie.[6] Moore se wet beskryf die dryfveer agter die tegnologiese- en sosiale veranderinge wat in die laat 20ste en 21ste voorgekom het.
↑Aanvanklik was die veronderstelling dat die verdubbeling elke jaar plaasvind, [1]Geargiveer 18 Februarie 2008 op Wayback Machine Moore het dit egter later herskryf as 'n twee jaar periode.[2]Geargiveer 29 Oktober 2012 op Wayback Machine.