Mount Kosciuszko | |
---|---|
Ligging | Nieu-Suid-Wallis, Australië |
Hoogte | 2 228[1][2] meter bo seevlak |
Reeks | Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte |
Koördinate | 36°27′21″S 148°15′48″O / 36.45583°S 148.26333°O |
Eerste bestyging | 1840 |
Eerste bestyger(s) | Paweł Strzelecki |
Ligging van Mount Kosciuszko in Nieu-Suid-Wallis |
Mount Kosciuszko is met 'n hoogte van 2 228 meter die hoogste berg op die vasteland van Australië, terwyl die hoogste berg op die Australiese kontinent Poensjak Djaia is. Die berg is in die deelstaat Nieu-Suid-Wallis in die Australiese Alpe van die Groot Skeidingsgebergte geleë.
Mount Kosciuszko is in 1840 deur die Poolse ontdekkingsreisiger Paweł Strzelecki ontdek en vir die eerste keer bestyg. Hy het die berg ná die Poolse en Amerikaanse nasionale held Tadeusz Kościuszko genoem, wie in die Kościuszko-opstand teen die Koninkryk Pruise en die Russiese Ryk asook in die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog aan die kant van George Washington teen die Britte geveg het.[3]
Naby Mount Kosciuszko is Mount Townsend geleë, met 'n hoogte van 2 209 meter ietwat kleiner. Die name Mount Kosciuszko en Mount Townsend is oorspronklik toegewys aan hierdie berge. By hermeting is uitgevind, dat die as-hoër-beskoude Mount Kosciuszko kleiner is as Mount Townsend. Sodat Mount Kosciuszko die hoër berg kon bly, het die New South Wales Lands Department later die name van die twee berge omgeruil.[4]