Mpumalanga

Hierdie artikel handel oor 'n provinsie in Suid-Afrika. Vir die dorp in KwaZulu-Natal, sien Mpumalanga, KwaZulu-Natal.
Mpumalanga

Vlag

Wapen
Oppervlak 76 495 vk km[1]
Bevolking (2011)[1] 4 039 939
Bevolking (2017 skat) 4 440 000
Bevolkingsdigtheid 53 / vk km
Tale[1] Swazi (27,7%), Zoeloe (24,1%), Tsonga (10,4%), Suid-Ndebele (10,1%), Noord-Sotho (9,3%), Afrikaans (7,2%)
Etniese verdeling[1] Swart mense (90,7%), Wit mense (7,5%),
Bruin mense (0,9%),
Asiërs (0,7%)
Hoofstad Nelspruit (Mbombela)
Premier Mandla Ndlovu (ANC)

Mpumalanga is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Nelspruit (sedert 2009 ook bekend as Mbombela). Mpumalanga, wat "die plek waar die son opkom" beteken, was vroeër bekend as Oos-Transvaal. Behalwe dat dié provinsie uit 'n deel van die ou provinsie Transvaal gekerf is, is dit ook saamgestel uit dele van vier gewese Bantoestans (tuislande): KaNgwane, KwaNdebele, Gazankulu en Lebowa.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "2011-sensus" (PDF). Statistiek Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 November 2015. Besoek op 13 November 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne