Msunduzirivier Dusirivier | |
---|---|
Stroomgebied | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Monding | Umgenirivier |
Koördinate: 29°37′14″S 30°40′36″O / 29.62056°S 30.67667°O |
Die Msunduziriver is 'n rivier wat in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika vloei. Dit staan ook bekend as die Dusirivier. Die Msunduzi is 'n sytak van die Umgenirivier.
Die Dusi-kanowedvaart vind jaarliks op die rivier tussen Pietermaritzburg en Durban plaas. Dit word as die belangrikste kompetisie vir kanowedvaarders in Suid-Afrika beskou. Die wedvaart lok jaarliks ongeveer 2000 roeiers, en ontvang nasionaal in die Suid-Afrikaanse media dekking.
In 2009 is 'n groot krokodil van ongeveer 2 meter in die Dusi se waters gewaar. Twee jaar voor dit het deelnemers van die Dusi-kanowedvaart ook 'n krokodil gesien.[1]