Mtubatuba | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 28°25′S 32°11′O / 28.417°S 32.183°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Umkhanyakude |
Munisipaliteit | Mtubatuba |
Stigting | 1903 |
Oppervlak | |
• Totaal | 76,22 km2 (29,43 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 27 237 |
• Digtheid | 357/km2 (920/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 3.3% |
• Indiërs/Asiërs | 1.0% |
• Bruin mense | 1.2% |
• Swart mense | 94.5% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 88.0% |
• Engels | 3.1% |
• Afrikaans | 1.7% |
• Suid-Ndebele | 1.6% |
• Ander | 5.6% |
Poskode (strate) | 3935 |
Skakelkode | 035 |
Mtubatuba is 'n dorp in noordoostelike KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp is naby die N2 nasionale pad en die R618 na St. Lucia draai uit Mtubatuba, sowel as die pad na die Hluhluwe-iMfolozipark. Daar is ook 'n halte op die spoorlyn vanaf Durban met die naam Mthubuthubu - genoem na 'n Zoeloehoofman. Die naam beteken hy wat uitgeklop moes word, na aanleiding van die hoofman wat eers met 'n gesukkel deur die vroedvroue uit sy moeder se skoot bevry is.