Muhammad Ali | |
Muhammad Ali in 1967
| |
Statistiek | |
---|---|
Geboortenaam | Cassius Marcellus Clay Jr. |
Bynaam(e) | The Greatest The People's Champion The Louisville Lip |
Gewigklas | Swaargewig |
Lengte | 1,91 m[1] |
Armlengte | 1,98 m |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Geboorte | Louisville, Kentucky | 17 Januarie 1942
Sterfte | 3 Junie 2016 (op 74) Scottsdale, Arizona |
Houding | Ortodoks |
Boksrekord | |
Totale gevegte | 61 |
Oorwinnings | 56 |
Oorwinnings met uitklophou | 37 |
Verloor | 5 |
Gelykop | 0 |
Geen wedstryd | 0 |
Muhammad Ali (Louisville, Kentucky, 17 Januarie 1942 – Scottsdale, Arizona, 3 Junie 2016) was 'n Amerikaanse bokser en swaargewigwêreldkampioen. Hy is tot hede die enigste man wat die liniêre swaargewigkampioenskap drie keer (in 1964, 1974 en 1978) gewen het.[2] Ali was ook die wenner van die Olimpiese swaargewig goue medalje. Hy is in 1999 deur Sports Illustrated en die BBC as die "Sportman van die eeu" gekroon.[3]
Ali was bekend vir sy vegstyl, wat hy beskryf het as "sweef soos 'n skoenlapper, steek soos 'n by".[4] Ali het 'n naam vir homself gemaak met sy vinnige hande en voete en sy tartende taktiek.
Uit 'n totaal van 61 gevegte het Ali 56 gewen, waarvan 37 deur uitklophoue.