MuseScore is 'n gratis musieknotasiesagteware in WYSIWYG[2] en 'n kostedoeltreffende alternatief vir professionele programme soos Sibelius en Finale.
Dokumente kan gedruk word as gegraveerde bladmusiek of in PDF- of MIDI- formaat gestoor word.
Die Sagteware is geskep deur Nicolas Froment, Thomas Bonte en Werner Schweer in 2008.
Sommige hoogtepunte:
- WYSIWYG - note word geplaas op 'n virtuele noteblad
- Onbeperkte hoeveelheid mate
- 'n Maksimum van vier stemme per maat
- Maklike en vinnige noot byvoeging deur middel van 'n toetsbord, muis of MIDI-klawerbord
- Geïntegreerde terugspeler en FluidSynth-nabootser
- Invoer en uitvoer van Music XML en standaard-MIDI-lêers
- Beskikbaar vir Windows, Mac OS X en Linux
- GNU Algemene Publieke Lisensie
- MuseScore is beskikbaar in 48 tale[3]
- ↑ "Release 4.4.4". 11 Desember 2024. Besoek op 11 Desember 2024.
- ↑ wat jy sien is wat jy doen
- ↑ Afrikaans, Arabies, Asturies, Baskies, Brasiliaanse Portugees, Teggies, Engels, Frans, Galasies, Duits, Farsi, Hindi, Hongaars, Italiaans, Russies, Spaans, Turks, Deens, Fins, Sweeds, Noorweegs, Tradisionele Chinees, (Taiwannees), Oekraïnies, Pools, Romeens, Katalaans, Grieks, Japannees, Vereenvoudigde Sjinees, Koreaans, Sloweens, Faroëes, Slowaaks, Litaus, Kroasies, Witrussies, Viëtnamees, Esperanto, en Persies, hoewel sommige vertalings nog onvolledig is.