Die Mỹ Lai-menseslagting, ook bekend as die Sơn Mỹ-menseslagting het op 16 Maart 1968 in die dorpie van My Lai naby die dorp Song My tydens die Viëtnamese oorlog plaasgevind. Tydens die slagting is honderde ongewapende burgerlikes (meestal ou mans, vroue, kinders, en babatjies) deur soldate van die VSA dood gemaak. Dit het steun vir die oorlog in die VSA verminder.