MySQL

MySQL
Kort opsomming van die logo.
Ontwikkelaar MySQL AB / Oracle/SUN Microsystems
Bedryfstelsel GNU/Linux, Windows, Solaris (bedryfstelsel) en Mac OS X
Kategorie Databasisbestuurstelsels
Lisensie GPL of kommersieel
Webblad http://www.mysql.com/

MySQL is 'n oopbron databasisbestuurstelsel wat beskikbaar is vir feitlik elke moderne bedryfstelsel, en wat bindings het vir enige noemenswaardige programmeertaal. MySQL is ontwikkel deur die Sweedse maatskappy MySQL AB en is gratis beskikbaar, maar klante wat betaal vir MySQL Enterprise kry ondersteuning en allerlei voordele. Dit werk as 'n bediener wat toegang verleen aan verskeie gebruikers tot 'n aantal databasisse.

MySQL AB is in 2008 deur SUN Microsystems gekoop. In 2010 koop Oracle op hulle beurt vir SUN Microsystems uit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne