My Own Private Idaho | |
---|---|
Regisseur | Gus van Sant |
Produksieleier | Laurie Parker |
Draaiboek | Gus van Sant |
Verteller | River Phoenix |
Met | River Phoenix Keanu Reeves |
Musiek deur | Bill Stafford |
Kinematografie | John J. Campbell Eric Alan Edwards |
Redigeerder | Curtiss Clayton |
Ateljee | Onafhanklik |
Verspreider | Fine Line Features |
Uitgereik | 18 Oktober 1991 |
Speeltyd | 102 minute |
Land | VSA |
Taal | Engels |
Begroting | $2,5 miljoen |
Bruto wins | $6,4 miljoen |
IMDb-profiel |
My Own Private Idaho is ’n onafhanklike avontuurdrama van 1991 wat deur Gus van Sant geskryf en geregisseer is. Dit is losweg gegrond op Shakespeare se Hendrik IV, Deel 1, Hendrik IV, Deel 2 en Hendrik V. Die hoofrolle word vertolk deur River Phoenix en Keanu Reeves.
Die prent gaan oor twee vriende, Mike en Scott, wat hulself ontdek terwyl hulle op reis gaan na Mike se tuisdorp in Idaho en daarna na Italië op soek na Mike se ma.
Van Sant het die draaiboek oorspronklik in die 1970's geskryf, maar dit gelos nadat hy John Rechy se 1963-roman City of Night gelees het omdat hy gedink het Rechy beskryf die onderwerp van manlike straatprostitute beter as hyself. Oor die jare het Van Sant die draaiboek herskryf. Dit gaan oor twee stories: dié van Mike wat sy ma soek en Scott as ’n moderne weergawe van die Henry IV-toneelstukke. Van Sant kon nie Hollywood-finansiering kry nie en het dit in ’n stadium oorweeg om die prent met ’n klein begroting te maak en werklike straatkinders te gebruik. Hy het afskrifte van die draaiboek aan Reeves en Phoenix gestuur en aangeneem hulle sou dit van die hand wys, maar albei het dit aanvaar.
My Own Private Idaho se première was op die 48ste Venesiese Rolprentfees en het positiewe resensies gekry, onder meer van The New York Times en Entertainment Weekly. Die prent was ’n redelike finansiële sukses, wat meer as $6,4 miljoen in Amerika laat inrol het. Dit het $2,5 miljoen gekos om te maak. Phoenix het verskeie pryse gewen vir sy spel, onder meer die Volpi Cup van die Venesiese Rolprentfees, die Independent Spirit Award en die National Society of Film Critics Award, almal vir beste akteur.