Die NG gemeente Benoni was die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oos-Randse stad Benoni, maar is in sy eeufeesjaar, 2014, ingelyf by die gemeente Farrarmere, wat sedertdien bekendstaan as die gemeente Jubilaté. Dit was nadat Benoni-Wes reeds vroeër by Benoni ingelyf is, waarna die saamgestelde gemeente die Wes-gemeente se kerkgebou by Parkstraat 29 gebruik het.