NG gemeente Bethulie

Bethulie se NG kerkgebou, hier afgeneem in 2012. Die argitek was Arthur Reid.
Ds. J.J.T. Marquard, derde leraar van 1885 tot 1894. Sy enigste ander standplaas was Winburg van 1894 tot sy dood op 18 Desember 1904.
Bethulie se NG kerkgebou, hier afgeneem in 1917.
Ds. G.S. Malan, vierde leraar van 1895 tot 1897. Hy het hierheen gekom vanaf die NG gemeente Montagu en vertrek na Greytown.
Ds. J.H. Cloete, van 1868 tot 1872 Bethulie se eerste NG leraar.
Ds. H.C.J. Becker, leraar van Februarie 1898 tot September 1914. Hy het hierheen gekom van die NG gemeente Krugersdorp, waar hy die gemeente se eerste leraar was. In sy dienstyd is amper 1 500 vroue en kinders van die konsentrasiekamp op Bethulie in die kampkerkhof begrawe. Hy het in 1903 'n weesinrigting opgerig vir die wesies van die Anglo-Boereoorlog.
Ds. J.G. Olivier was die tweede leraar van 1873 tot sy dood in Maart 1884. Hy is binne die ringmuur van die destydse kerkgebou begrawe en die gemeente, wat hom innig liefgehad het, het 'n marmersteen tot sy gedagtenis op sy graf opgerig.
Ds. P.A. Alheit was leraar van 1914 tot 1916.
Ds. Andries Stockenström, leraar van 1917 tot 1927. Hy is vyftig jaar later, op 21 Julie 1977, op Ficksburg in die ouderdom van 93 jaar oorlede.[1]
Ds. en mev. A. Stockenström met Ingeborg. Hy was leraar hier van 1917 tot 1927 en ná Bethulie meer as twee dekades leraar van die NG gemeente Ficksburg, ook in die Vrystaat. Inge is op 11 Oktober 2010 op Mosselbaai oorlede.[2]
Dr. E.P. Groenewald, leraar van 1932 tot 1938.
Dr. en mev. D.J. Barnard. Hy was Bethulie se leraar van 1938 tot 1943, waarna hy, soos sy voorganger ds. Stockenström, 'n beroep na die gemeente Ficksburg aanvaar het, maar skaars twee jaar later weer vertrek het.
Ds. J.P. Strümpfer en sy gesin. Hy was die gemeente se leraar van 1944 tot 1947. Hy het die gemeente verlaat nadat hy 'n beroep aangeneem het na die NG gemeente Messina.
Ds. Stephanus Salomon Weyers was leraar van Bethulie van 1948 tot 1952. Van 1935 tot 1938 was hy leraar van Venterstad en toe van die NG gemeente Greykerk van 1938 af en van die NG gemeente Durbanville van 1942 af tot 1948.

Die NG gemeente Bethulie is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Suid-Vrystaat wat in 1862 gestig is as die 10de gemeente van die Kerk in die Oranje-Vrystaat en nagenoeg die 85ste in die Kerk. Dis geleë in die Ring van Smithfield, saam met die gemeentes Smithfield, Edenburg, Rouxville, Wepener, Dewetsdorp, Zastron, Reddersburg en Vanstadensrus. Bethulie het in 2015 479 belydende en 137 dooplidmate gehad en die Ring onderskeidelik 3 006 en 844.

  1. (en) Lewensbesonderhede van Andries Stockenström op Geni.com. URL besoek op 29 Januarie 2014.
  2. (en) Ingeborg Stockenström se inligting op Geni.com. URL besoek op 29 Januarie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne