Die kerkgebou van die NG gemeente Bloemfontein-Noord.Ds. H.S. Theron, leraar van 1925 tot 1933.Mev. ds. H.S. Theron, pastoriemoeder van 1925 tot 1933.Die kerkgebou, ontwerp deur Gerard Moerdyk en Wynand Louw, nes die nabygeleë Gereformeerde kerk Bloemfontein, wat in 2015 gesloop is.Ds. Pieter de Vos Grobbelaar, leraar van 1946 tot 1951, was onder meer ook van 1933 tot 1938 leraar van die NG gemeente Jamestown, van 1938 tot 1941 leraar van die NG gemeente Rondebosch en van 1954 tot 1956 leraar van die NG gemeente Omaruru in die huidige Namibië. Hy het in 1965 geëmeriteer nadat hy vyf jaar leraar van die NG gemeente Rusape in Rhodesië was. In sy 34 jaar lange loopbaan het hy gemeentes in ses verskillende Sinodes bedien.
Die NG gemeente Bloemfontein-Noord is die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Vrystaatse hoofstad en met 1 850 belydende lidmate in 2021, ook die tweede grootste in die Vrystaatse Sinode, naas die Bloemfonteinse gemeente Pellissier (gestig in 1983), wat 5 187 belydende lidmate in 2021 gehad het, maar met 1 824 sewe keer meer dooplidmate as die veel meer gevestigde Klipkerk.