NG gemeente Brandfort

Die kerkgebou, waarskynlik voor die onthulling van die Vrouemonument in 1906.
Die NG moederkerk Brandfort soos dit in 1886 gelyk het. Dit is ontwerp deur Richard Wocke, die Vrystaat se eerste argitek.
Ds. E.A.J. du Toit was van 1866 tot 1880 Jacobsdal se eerste leraar en daarna ook Brandfort se eerste herder en leraar.
Die Vrouemonument voor die NG kerk Brandfort. Dit is op 15 Desember 1906 onthul ter nagedagtenis aan die afgestorwenes van die Brandfortse Vrouekamp te Keerom gedurende die Anglo-Boereoorlog van 1899 tot 1902.
Ds. Johan de Bruyn, van 1894 tot 1904 Brandfort se tweede NG leraar.

Die NG gemeente Brandfort is die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Vrystaatse dorp Brandfort. Die gemeente is in 1875 gestig as die 20ste gemeente in die Vrystaatse NG Kerk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne