NG gemeente Bultfontein

Die ou NG kerk Bultfontein.
Ds. Paul August Winter, van 1879 tot 1896 Bultfontein se eerste NG leraar.
Ds. J.A. Pienaar was leraar van die moedergemeente Bultfontein van 1898 tot 1942. Dit was sy enigste gemeente.
Ds. J.D. Cilliers was van 1942 tot 1951 slegs die derde leraar in die gemeente se 77-jarige bestaan.
Ds. Francois Albertus Dreyer, leraar van 1957.
Ds. J.A. Classens, leraar van 1970 – 1974.

Die NG gemeente Bultfontein is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Vrystaatse dorp Bultfontein. Met sy stigting was dit die 19ste gemeente in die Vrystaat, maar nadat Bethlehem se moedergemeente by Bethlehem-Wes ingelyf is, het dit die 18de oudste gemeente in die Vrystaatse Sinode geword. Bultfontein het in 2015 517 belydende en 152 dooplidmate gehad, vergeleke met 790 en 330 in 1985. In dieselfde tydperk het Bultfontein-Oos, wat in 1954 van die moedergemeente afgestig het, se dooplidmate afgeneem van 299 tot 136 en sy belydende lidmate van 670 tot 534.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne