Die ou kerk dien nou as kerksaal en staan langsaan die nuwe kerk, ontwerp deur Wynand Louw. Ds. A.A. van Schalkwyk, eerste leraar van De Aar, het die hoeksteen gelê op 8 September1923.Ds. Andries Albertus van Schalkwyk was De Aar se eerste leraar. Hy is in 1914 hier bevestig en het in 1928 na die NG gemeente Smithfield in die Suid-Vrystaat vertrek.Die eerste NG kerkgebou op De Aar, hier afgeneem omstreeks 1917. Die toring is afgebreek toe dit later die kerksaal geword het.Ds. P.J. du Plessis was van 1929 tot 1946 De Aar se tweede leraar.Die hoeksteen van die teenswoordige kerkgebou is op 8 September1923 gelê en die gebou 7 Februarie1925 ingewy.Ds. en mev. Johannes Visser. Hy was van 1942 tot 1945 die eerste medeleraar.Ds. P.L. Rossouw en sy gesin. Hy was leraar van 1945 tot 1949.Ds. J.F. Myburgh, leraar van De Aar van 1947 tot 1952.Dr. H.W. de Jager, medeleraar van 1952 tot 1958.Ds. H.R. Cilliers en sy gesin. Hy was medeleraar van 1952 tot 1960.Dr. E.A. Venter, medeleraar van 1950 tot 1951. Hy was later hoogleraar in wysbegeerte aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en het ter viering van die dorp se 50-jarige bestaan De Aar, stad van die toekoms. 1902–1952 geskryf en weer met die 75-jarige bestaan in 1977 De Aar, stad in wording. 1902–1977.Ds. P.C. Oosthuizen en gesin. Hy is op 5 Maart1956 georden as leraar van die NG gemeente Stutterheim. Nadat hy herstel het van 'n ernstige krankheid, aanvaar hy 'n beroep na De Aar, waar hy op 24 Junie1961 bevestig is. Sy volgende gemeente was Queenstown, waar hy in Maart 1963 diens aanvaar het.
Die NG gemeente De Aar is, saam met die gemeente De Aar-Noord, een van twee gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Noord-Kaapse spoorwegdorp De Aar nadat hier van 1963 tot 2011 drie gemeentes was, maar De Aar-Suid in laasgenoemde jaar by die moedergemeente ingelyf is. Die moedergemeente is in 1913 gestig, die Noord-gemeente in 1953 en die Suid-gemeente in 1963.
Die gemeente De Aar is uit dele van vier gemeentes saamgestel. Die dorp Philipstown is in 1865, kort ná die afskeiding van die Gereformeerde Kerk te Colesberg, aangelê en wel “als een kerkdorp van de Gereformeerden”. Die dorp is na die goewerneur sir Philip Wodehouse genoem. Die NG gemeente Philipstown het op 8 Februarie1873 van die moedergemeente Colesberg afgestig. Dié gemeente sou later die meeste plase aan die nuwe gemeente De Aar afstaan, hoewel dit Hanover (gestig in 1856) was die werk op De Aar begin het en die meeste lidmate afgestaan het. Britstown (gestig 1877) en Richmond (gestig in 1843) het ook gedeeltes prysgegee.
Daar was selfs destyds onsekerheid oor of De Aar van Britstown of Hanover moes afstig omdat die grens tussen dié twee gemeentes nooit amptelik bepaal is nie. Aan die hand van omstandigheidsgetuienis (byvoorbeeld dat die eienaar van die plaas De Aar, D.F. Grundlingh, 'n ouderling in Hanover se kerkraad was en Hanover die werk op De Aar begin het) het die Ring van Colesberg egter besluit dat die dorp De Aar binne Hanover se gemeentegrense geval het. Daarom is De Aar hoofsaaklik 'n dogtergemeente van Hanover.