NG gemeente Dundee

Die NG kerk Dundee is in die naweek van 7 tot 10 Desember 1922 ingewy. Dit is ontwerp deur die vermaarde argitekte Gerard Moerdijk en Wynand Louw.
Ds. G.M. Pellissier was van 1918 tot 1924 Dundee se eerste leraar. Sy suster, Mabel Jansen, was getroud met die politikus dr. E.G. Jansen, want op Dundee gebore is.
Daar het vroeg in die veertigerjare sulke ontevredenheid in die gemeente ontstaan oor die oprigting van 'n koper-reliëfplaat aan die kerktoring ter gedagtenis aan die gesneuwelde burgers van die Slag van Talana, dat die gemeente geskeur en van die ontevredenes aangesluit het by die Nederduitsch Hervormde Kerk.
Ds. F.N. van Niekerk was Dundee se leraar van 1948 tot 1961.

Die NG gemeente Dundee is een van twee gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die gelyknamige dorp in KwaZulu-Natal. Voor die inlywing van die gemeentes in die gebied wat in die 19de eeu bekendgestaan het as die Nieuwe Republiek, was Dundee die 11de oudste gemeente in die Natalse Kerk.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne