NG gemeente Fauresmith

Vooraansig van die kerkgebou.
Fauresmith se huidige NG kerk. Mev. Bettie Botha, eggenote van ds. Hennie Botha, het die hoeksteen gelê op 6 Oktober 1962.
Ds. P.E. Faure. Fauresmith is na hom en die goewerneur sir Harry Smith genoem.
Fauresmith se vorige NG kerk is in 1910 opgeknap en vergroot, maar later gesloop om plek te maak vir die teenswoordige kerk.
Ds. A.A. Louw was van 1854 tot 1859 Fauresmith se eerste leraar.
Ds. H.J. Lückhoff, leraar van 1868 tot hy sy demissie aanvaar in 1894.
Ds. Rudolph Johannes van Niekerk (1865-1934) het in Augustus 1909 van NG gemeente Prieska af na Fauresmith toe gekom en arbei hier tot hy sy emeritaat aanvaar op 10 Desember 1933. Hy sterf net meer as 'n maand later op 20 Januarie 1934.
Ds. C.D. Bam, leraar van 1894 tot 1908.
Ds. R.J.N. van Tonder, leraa van 1934 tot 1942.
Dr. H.W. de Jager, leraar van 8 April 1967 tot 1974.

Die NG gemeente Fauresmith is die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Vrystaatse Sinode en die 37ste wat in die hele Kerk gestig is. Dit is gesetel op die Vrystaatse dorp Fauresmith. Dit is die moedergemeente van die gemeentes Jagersfontein, Luckhoff (albei 1892) en Edenburg (1862).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne