Die NG gemeente Graaff-Reinet, vroeër bekend as die NG Grootkerk, is op 11 November 1792 gestig as sesde gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk aan die Kaap en is vandag die oudste gemeente in die Sinode van Oos-Kaapland asook die provinsie Oos-Kaap. In 2016 het die gemeente 835 belydende en 218 dooplidmate gehad. Op 1 Januarie 2018 het die eenwording van Nuwekerk en NG Grootkerk 'n werklikheid geword. Cradock met sy drie gemeentes is nou die enigste dorp op die Oos-Kaapse platteland met meer as een NG gemeente.