NG gemeente Harrismith

Die gemeente se huidige kerkgebou en saal staan op dieselfde plek as die vorige kerk.
Sir Harry Smith, die Kaapse goewerneur wie se naam die dorp sowel as die gemeente dra.

Die NG gemeente Harrismith is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Harrismith en Sinode van die Oranje-Vrystaat. Die gemeente se middelpunt is die Oos-Vrystaatse dorp Harrismith, 320 km van sowel Bloemfontein as Johannesburg en Durban.[1] Die gemeente is die vyfde oudste in die Vrystaat en was ten tyde van sy stigting in 1849 die 41ste gemeente in wat later Suid-Afrika sou word. Dit is die vyfde oudste gemeente in die Vrystaatse Sinode, naas Winburg (1841), Fauresmith, Smithfield en Bloemfontein (al drie 1848). In 2016 het die gemeente 920 belydende en 230 dooplidmate gehad wat deur twee voltydse leraars bedien is.

  1. Albertyn, W. (red.). 1978. Amptelike Suid-Afrikaanse munisipale jaarboek. Pretoria: S.A. Vereniging van Munisipale Werknemers (nie-Politiek).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne