Die NG gemeente Johannesburg-Noord/Andrew Murray Congregation (vanaf November 2011 verkort tot NG kerk Andrew Murray) is 'n tweetalige (Afrikaans en Engels) gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Johannesburgse voorstad Orchards wat ontstaan het toe NG gemeente Johannesburg-Noord in 1999 met die Engelstalige Andrew Murray Congregation saamgesmelt het en sedertdien as gemeente sonder grense funksioneer.