Die NG gemeente Klerksdorp-Suid is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).
Die gemeente is gestig in 1967. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Charles- en Goldsburylaan, Ellaton, Klerksdorp. In 2013 was die gemeente vakant. Daar was in daardie jaar 120 doop- en belydende 500 lidmate.
Die moedergemeente Klerksdorp is by dié gemeente ingelyf.