Die noodkerk wat van die Anglo-Boereoorlog tot 1924 diens moes doen.Ds. H.J. Lückhoff, leraar van Fauresmith van 1868 tot hy sy demissie aanvaar het in 1894. Luckhoff is na hom genoem.Wynand Louw het die NG kerk op Luckhoff in vennootskap met Gerard Moerdijk ontwerp. Ds. Z.J. van Wyk het die hoeksteen op 21 April1923 gelê.Ds. Z.J. van Wyk, van 1904 tot 1937 die tweede leraar.Die kerkgebou, afgeneem in 2007. Ds. J.H. Louw het die nuwe toring (die oue was bo-op die kerk se dak, nes die Gereformeerde kerk Bethulie s'n) se hoeksteen op 1 Februarie1958 afgelê.Ds. en mev. E.G. Malherbe, van 1895 tot 1904 Luckhoff se eerste pastoriepaar.Ds. N.A.S. Lombard, leraar van 1942 tot 1946.Ds. Jan Hendrik Crous, leraar van 1947 tot 1950.Ds. E.G. Malherbe en sy vrou se graf op die kerkperseel van die NG gemeente Villiersdorp. Hy was leraar van Luckhoff van 1895 tot 1904 en daarna tot sy aftrede in 1937 van Villiersdorp.
Die NG gemeente Luckhoff is 'n Vrystaatse gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en wel in die Ring van Fauresmith in die suide van die Sinode gebied. Dis in 1892 gestig en was destyds die 33ste gemeente in die Vrystaatse Kerk.