Die NG gemeente Melville (deesdae algemeen bekend as Melville Kruisgemeente) is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die noordwestelike voorstad van Johannesburg met dieselfde naam. Met sy afstigting in 1920 het Melville 'n 14 jaar lange droogte in die Goudstad gebreek toe daar van die stigting van Turffontein in 1906, die sesde gemeente sedert die stad se ontstaan, weens die ekonomiese insinking ná die Anglo-Boereoorlog en die ontwrigting en nagevolge van die Eerste Wêreldoorlog, nie 'n enkele NG gemeente afgestig is nie.