NG gemeente Paterson

Ds. Jan Hendrik Malan was van 1909 tot 1911 Paterson se tweede leraar.
Paterson se NG kerkgebou, wat in 2013 90 jaar oud was.
Ds. Daniël Du Plessis Steyn was Paterson se vierde leraar. Van die NG gemeente Salisbury was hy leraar van 1907 tot 1908. Hy was voor én ná die tyd leraar van Glen Lynden in die Oos-Kaap.
Die kloktoring en muur van herinnering naasaan die kerkgebou.
Ds. en mev. D.F. Bosman was van 1912 tot 1916 die derde leraarspaar van Paterson. Ds. Bosman het in daardie jaar afgetree nadat hy sedert 1874 in die bediening was. Hy is oorlede op 2 Julie 1925.
Ds. Coenraad Grundlingh, leraar van 1929 tot 1937, toe hy afgetree het.
Ds. Samuel Murray was Paterson se sewende leraar. Hy was leraar van die NG gemeente Leonard in Suidwes-Afrika van 1950 tot 1958 en van 1947 tot 1950 van die NG gemeente Hofmeyr, destyds Maraisburg, K.P.
Die hoeksteen van die huidige NG kerkgebou op Paterson.
Ds. G.I. Moolman was Paterson se sesde leraar. Daarna was hy leraar van die NG gemeente Port Elizabeth-Suid van 1941 en toe van die gemeente Glen Lynden van 1947 af.

Die NG gemeente Paterson is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oos-Kaaplandse Sinode met sy setel op die gelyknamige dorp, 75 km oos van Grahamstad, 105 km suidwes van Somerset-Oos en 72 km noordoos van Port Elizabeth. Die gemeente het in 2013 135 belydende lidmate gehad en 35 dooplidmate. Dis geleë in 'n arbeidsintensiewe landbou-omgewing waarin toerisme 'n ál belangriker rol speel. Die vernaamste landboubedrywighede is vleis-, suiwel- en wildboerdery. Die Addo-olifant Nasionale Park en Shamwari-wildreservaat is binne die gemeentegrense geleë.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne