Die kerkgebou in 2006, voor 'n brand dit deels in puin gelê het. Dit is blykbaar ontwerp deur die boumeester Richard Wocke van Bloemfontein, hoewel pres. Paul Kruger die hoeksteen eers vier jaar ná sy dood gelê het.Die kerkgebou in 2017, 10 jaar nadat dit opnuut in gebruik geneem is.Die kerkgebou omstreeks 1950.Eerw. Daniel Lindley.Die NG moederkerk Potchefstroom omstreeks 1917.Ds. J.P. Jooste was die eerste leraar van Potchefstroom, van 1868 tot 1882, en ook die eerste leraar van Hartebeestfontein.Ds. H.J.L. du Toit, leraar van 1882 tot 1887.Ds. en mev. M.L. Fick. leraarspaar van 1889 tot 1919.Ds. Johannes Francois Botha was leraar van Potchefstroom van 1905 tot 1908, toe hy na die NG gemeente Jeppestown vertrek.Potchefstroom was van 1920 tot 1928 ds. Daniel Jozua Pienaar se laaste gemeente. Hy is oorlede op 13 Desember1933.Ds. Gerrit Worst, leraar van 1929 tot sy aftrede in 1954. Sy enigste ander gemeente, van 1917 tot sy koms hierheen, was Lydenburg, ook een van die drie oudste Transvaalse gemeentes.Ds. Beyers Naudé, leraar van 1955 tot 1957.Ds. A.P. Burger, leraar van 1960 tot 1970.
Die NG gemeente Potchefstroom (op Potchefstroom) is die oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die destydse Transvaal en was, toe dit in Maart 1842 gestig is, slegs die 28ste gemeente in wat later Suid-Afrika sou word asook die tiende gemeente buite die teenswoordige Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland.