Die NG gemeente Reddersburg is die gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Vrystaatse dorp Reddersburg. Dis in 1910 gestig as slegs die 47ste gemeente van die Vrystaatse Kerk, 51 jaar nadat die Gereformeerde kerk Reddersburg in 1859 as die eerste gemeente van dié kerkverband in die Vrystaat tot stand gekom het. In 2016 het die gemeente 250 belydende en 80 dooplidmate gehad.