Die NG gemeente Richmond is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland, hoewel die Karoodorpie Richmond sedert 1994 in die provinsie Noord-Kaap geleë is. Die gemeente is in November 1843 gestig as slegs die 30ste in die hele Kerk. Binne die provinsiale grense van die Noord-Kaap is dit die tweede oudste gemeente naas die NG gemeente Colesberg, wat op sy beurt onder die Oos-Kaapse Sinode val.