NG gemeente Springs

Ds. W.R. de Kock, van 1924 tot 1929 die gemeente se tweede leraar.
Ds. D.J.S. Malan het die moedergemeente Springs van 1929 tot 1956 bedien.

Die NG gemeente Springs was die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Oos-Randse dorp Springs, maar dié 93-jarige gemeente is in 2013 ingelyf by die dogtergemeente Springs-Noord.

So het Springs deel geword van 'n toenemende getal dorpe en stede in 'n min of meer reguit lyn tussen Randfontein en Springs wat hul NG moedergemeente verloor het. Teen 2015 het dié ingelyfde moedergemeentes die volgende ingesluit (van wes na oos): Randfontein, Krugersdorp, Alberton, Germiston, Boksburg, Benoni en Springs. Die enigste van die groot dorpe en stede aan die Rand wat nog 'n moedergemeente oorgehad het, was Johannesburg, Roodepoort, Brakpan en Kempton Park, maar hul voortbestaan was almal onseker met onderskeidelik die volgende getal belydende lidmate: 94, 244, 369 en 207.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne