NG gemeente Theunissen

Theunissen se NG moederkerk nadat die toring aangebou is.
Ds. J.D. Louw was Theunissen se eerste leraar van 1911 tot sy dood op 25 Mei 1920.
Die NG kerk op Theunissen soos dit gelyk het in 1917.
Ds. N.J. van der Merwe was die leraar hier van 1921 tot 1924 toe hy die politiek betree. Hy is in 1916 getroud met Tibbie Steyn, derde dogter van pres. M.T. Steyn en sy vrou, Rachel Isabella Steyn, wie se bynaam ook Tibbie was. Hy was die eerste voorsitter van die FAK en eerste nasionale leier van die Voortrekkers.[1]
Ds. Jan Hendrik Lange het in 1948 Theunissen se sewende predikant geword en het hier gebly tot 1953. Hy was leraar van Riversdal van 1940 tot 1943, daarna van Kuilsrivier tot 1948 en weer van Riverdal van 1953 tot hy demissie aanvaar op 22 Januarie 1973. Hy het later skakelbeampte geword van die Hugenote-kollege op Wellington.

Die NG gemeente Theunissen is 'n gemeente in die Vrystaatse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met sy middelpunt op die dorp Theunissen.

  1. (en) Besonderhede oor Van der Merwe op SAHistory.org.za Geargiveer 13 Oktober 2015 op Wayback Machine. URL besoek op 26 November 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne