NG gemeente Vryheid

Lucas J. Meyer (1846–1902), president van die kortstondige Nieuwe Republiek en stigter van die hoofstad daarvan, Vryheid, het die NG moederkerk se hoeksteen op 25 September 1891 gelê. D. Nicolson was die bouaannemer. Bouwerk is in 1894 voltooi. Voor die gebou is die Anglo-Boereoorlog-Burgermonument, een van verskeie gedenktekens op die terrein.

Die NG gemeente Vryheid is die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die KwaZulu-Natalse dorp Vryheid. Dis ’n plattelandse gemeente en ’n groot deel van die boeregemeenskap om Vryheid skakel hier in.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne