’n Nagtelike storting, informeel bekend as ’n nat droom, is ’n spontane orgasme terwyl iemand slaap; dit sluit ejakulasie by mans in en vaginale nattigheid of ’n orgasme (of albei) by vroue. Dit kom meestal tydens die adolessensie en jong volwasse lewe voor, maar kan enige tyd ná puberteit gebeur.
Soms word ’n man wat ’n nat droom het wakker, maar hy kan ook daardeur slaap. Sommige navorsers meen egter ’n vrou moet wakker word en bewus wees van ’n orgasme voordat dit as ’n nat droom geld. Vaginale nattigheid is nie ’n aanduiding dat ’n vrou ’n orgasme bereik het nie.[1]