Nahoonrivier Xhosa: Nxaruni | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap |
Oorsprong | Amatholeberge |
Monding | Indiese Oseaan |
Monding-hoogte | 1 m |
Koördinate: 32°59′0″S 27°57′5″O / 32.98333°S 27.95139°O |
Die Nahoonrivier is 'n rivier in Oos-Londen in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Die rivier en die Nahoondam (32°54′36″S 27°48′55″O / 32.91000°S 27.81528°O) voorsien sommige van die water aan Oos-Londen en omgewing.
Dit loop oos van die Buffelsrivier en die hawe, en wes van die Gonubierivier. Die voorstad Nahoon lê op sy weste-oewer en Beacon Bay op die ooste-oewer.
Die rivier vloei deur 'n strandmeer en Afrika se suidelikste wortelboommoeras wat by 32°59′0″S 27°57′0″O / 32.98333°S 27.95000°O in die Indiese Oseaan uitmond. Oorkant die monding is die Nahoonrif wat baie gewild is vir branderplankry en ook bekend is vir aanvalle deur witdoodshaaie op ryers.