Nakajima Ki-84

Nakajima Ki-84
'n Bewaarde Ki-84 Hayate (Frank) in Kalifornië in 1970.
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Nakajima Aircraft Company
Ontwerp deur Yasushi Koyama
Nooiensvlug Maart 1943
Bekendstelling November 1944
Onttrek Augustus 1945
Status Onttrek
Hoofgebruiker Japannese Leërlugmag
Aantal gebou 3 514

Die Nakajima Ki-84 Hayate is 'n enkelsitplek, enkelmotorige vegvliegtuig wat deur die Lugmag van die Japannese Keiserlike Leër gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Ki-84 was tegnies die mees gevorderde Japannese vliegtuig in die laaste jaar van die oorlog in die Stille Oseaan. Indien dit in groter getalle beskikbaar was, kon dit 'n aansienlike verskil aan die oorlog gemaak het. Dit kon op gelyke voet met die Republic P-47 Thunderbolt en die Mustang P-51 meeding en afhangende van hoogte kon dit selfs beter klim en hanteer as laasgenoemde vliegtuie. Japan was op daadie stadium so desperaat vir die vliegtuig dat hulle selfs fabrieke ondergronds gebou het om 200 eenhede per maand te produseer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne