Kenteken van die Namibiese nasionale krieketspan | |||||||||||||
Bynaam | Arende | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Konferensie | Krieket Namibië (CN) | ||||||||||||
Personeel | |||||||||||||
EDI-kaptein | Gerhard Erasmus | ||||||||||||
T20I-kaptein | Gerhard Erasmus | ||||||||||||
Afrigter | Pierre de Bruyn | ||||||||||||
Internasionale Krieketraad | |||||||||||||
IKR-status | Assosiaatlid met EDI-status (1992) | ||||||||||||
IKR-streek | AKV (Afrika) | ||||||||||||
| |||||||||||||
Internasionale eendagwedstryde | |||||||||||||
Eerste EDI | t Zimbabwe op Harare Sportklub, Harare; 10 Februarie 2003 | ||||||||||||
Laaste EDI | t Nederland op Tribhuvan Universiteit Internasionale Krieketveld, Kirtipur; 23 Februarie 2024 | ||||||||||||
| |||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 1/13 (eerste in 2003) | ||||||||||||
Beste uitslag | Groepfase (in 2003) | ||||||||||||
Wêreldbeker- kwalifiserings | 6 (eerste in 1994) | ||||||||||||
Beste uitslag | Naaswenner (in 2001) | ||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 0/9 | ||||||||||||
Twintig20s | |||||||||||||
Eerste T20I | t Ghana op Kyambogo-krieketovaal, Kampala; 20 Mei 2019 | ||||||||||||
Laaste T20I | t Engeland op Sir Vivian Richards-stadion, North Sound; 16 Junie 2024 | ||||||||||||
| |||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 3/9 (eerste in 2021) | ||||||||||||
Beste uitslag | Super Twaalf (in 2021) | ||||||||||||
T20I-wêreldbeker- kwalifiserings | 5 (eerste in 2012) | ||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2023) | ||||||||||||
|
Die Namibiese nasionale krieketspan, met die bynaam “die Arende”,[6] is die nasionale krieketspan wat Namibië in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Namibië deur Krieket Namibië (CN, van Engels: Cricket Namibia, CN) beheer. Namibië is sedert 1992 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR),[7] en het in 2007 by die IKR se Hoëprestasieprogram aangesluit.[8] Namibië het aan die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika deelgeneem, maar al sy wedstryde verloor.[9] Hulle het tot dusver aan elke Interkontinentale Bekertoernooi deelgeneem. Saam met Kenia en Uganda is Namibië tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikakrieketspanne na die toetslande Suid-Afrika en Zimbabwe.
In onlangse jare het Namibiese krieket ’n sterk vordering gesien, veral danksy die groot invloed van die krieketland Suid-Afrika. Krieket is deur Suid-Afrika na die destydse mandaatgebied Suidwes-Afrika gebring en het daar gewildheid onder die bevolking verwerf, veral in die suide van dié land en rondom Windhoek, maar ook Namibië se nabyheid aan Suid-Afrika het gehelp om die spel in Namibië te laat ontwikkel. Vername Namibiese krieketspelers sluit in Neil Rossouw en Pieter Rossouw.
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Namibië ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[10] Namibië is tans (Junie 2024) 16de op die eendagranglys en 14de op die Twintig20-wêreldranglys.[11][12] In Oktober 2019 het die Namibiese nasionale krieketspan tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2019 gekwalifiseer vir die T20I-wêreldbeker 2021, waar hulle in die eerste rondte hul eerste toernooi-oorwinnings oor Nederland en Ierland kon aanteken en sodoende die Super Twaalf gehaalt het, hul beste prestasie nog tydens ’n internasionale toernooi. Daarmee het hulle regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer.[13]