Narges Safie Mohammadi (Persies: نرگس صفیه محمدی; gebore 21 April1972)[1] is 'n Iraanse menseregte-aktivis, wetenskaplike en die vise-president van die Verdedigers van Menseregte Sentrum (DHRC), onder leiding van Nobel Vredesprys wenner Shirin Ebadi.[2] In Mei 2016 is sy in Teheran tot 16 jaar tronkstraf gevonnis vir die stigting en bestuur van "'n menseregtebeweging wat hom beywer vir die afskaffing van die doodstraf".[3] In 2023, steeds in die tronk, is die Nobelprys vir Vrede aan haar toegeken "vir haar stryd teen die onderdrukking van vroue in Iran en haar stryd om menseregte en vryheid vir almal te bevorder".[4]