Narsistiese persoonlikheidsteuring | |
---|---|
![]() | |
Narsissus, deur Gyula Benczúr (1844-1920). | |
Spesialiteit | Psigiatrie, kliniese sielkunde |
Simptome | Oordrewe gevoelens van selfbelangrikheid, oorgroot behoefte aan bewondering, verminder vlakke van empatie met ander[1][2] |
Begin gewoonlik op | Vroeë volwasse lewe[2] |
Tydsduur | Lang termyn[2] |
Oorsake | 'n Kombinasie van oorerflike en omgewingsfaktore, insluitende trauma, verwaarlosing en verwerping in die kinderjare[3] |
Diagnostiese metode | Geskoei op simptome |
Differensiële diagnose | Bipolêre gemoedsteuring, manie en hipomanie, antisosiale persoonlikheidsteuring, middelmisbruik, grenslynpersoonlikheidsteuring, histrioniese persoonlikheidsteuring,[1] grandiose delusies |
Behandeling | Psichoterapie, medisyne vir onderliggende steurings[1] |
Frekwensie | 6,2% |
![]() |
Narsistiese persoonlikheidsteuring (NPS) is ’n geestesteuring[4] wat gekenmerk word deur 'n lewenslange patroon van oordrewe gevoelens van selfbelangrikheid, 'n oorgroot behoefte aan bewondering en verminderde vlakke van empatie met ander. Dit is een van die subtipes van die breër kategorie wat as persoonlikheidsteurings bekend is.[1][2] Dit is dikwels onderliggend aan ander geestesteurings en word verbind met aansienlike funksionele verswakking en 'n psigososiale gestremdheid.[1]Die term is 1968 geskep; dit is voorheen megalomanie genoem.[5]
Persoonlikheidsteurings is 'n klas geestesteurings wat gekenmerk word deur langdurige en onbuigsame, wanaangepaste patrone van gedrag, bewustheid en innerlike ondervindings wat op baie vlakke tot uiting kom en afwyk van dié wat deur enige kultuur aanvaar word. Dié afwykings ontwikkel teen die vroeë volwasse lewe en word verbind met aansienlike angs of verswakking.[6][7][8] Dit is genoem na die mite van Narsissus in die Griekse mitologie wat verlief geraak het op sy eie spieëlbeeld in ’n waterpoel.
Kriteria vir die diagnose van persoonlikheidsteurings word gelys in die Internasionale Klassifikasie van Siektes (ICD) en in die Amerikaanse Sielkundevereniging se Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings (DSM).
Daar is geen standaardbehandeling vir NPS nie.[9][10] Die steuring se hoë onderliggendheid aan ander geestesteurings beïnvloed behandelingskeuses en -resultate.[9] Psigoterapeutiese behandelings val gewoonlik in twee kategorieë: psigodinamiese en kognitiewegedragsterapie, met al hoe groter steun vir 'n kombinasie daarvan in terapie.[11][12] Daar is egter 'n feitlik algehele gebrek aan studies om die doeltreffendheid van die behandelings te bepaal.[10] Die pasiënt se subjektiewe ervaring van die steuring en hulle vlak van betrokkenheid by die behandeling hang albei af van hulle motivering om te verander.[13]
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)