Bundesfeier
Jour de la fête nasionale suisse
Giorno della festa nazionale svizzera
Di da la festa naziunala
Die Nasionale Dag van Switserland (Bundesfeiertag) word op 1 Augustus gevier ter herdenking van die Bundesbrief, die stigtingsdokument van die Switserse Konfederasie wat aan die begin van Augustus 1291 as 'n gemeenskaplike verdedigingsooreenkoms tussen drie sogenaamde Alpiese oerkantons (Urkantone) onderteken is.
Die Nasionale Dag word sedert 1891 dwarsoor Switserland herdenk en is sedert 1994 'n openbare vakansiedag. 1 Augustus as datum van die ondertekening van die Bundesbrief is egter nie histories oorgelewer nie; in die dokument word net vermeld dat dit aan die begin van Augustus 1291 onderteken is.