National Rugby League

Die National Rugby League (NRL; Afrikaans: "Nasionale Rugbyliga") is 'n professionele rugbyliga-kompetisie in Australasië.

Die NRL voer sy oorsprong terug na die New South Wales Rugby League (NSWRL), wat in 1908 gevorm is. Ná die Super League-oorlog van die 1990's is die NRL in 1998 gevorm as 'n samesmelting van die Australian Rugby League (ARL) en die Super League.[1][2]

Elke jaar word die premierskapwenner tydens die NRL Grand Final beslis.

Terwyl die NRL self 'n mansliga is, is daar 'n ekwivalente vroueliga, die NRL Women's Premiership (NRLW), wat in 2018 begin het.

  1. Miller, Toby; Geoffrey A. Lawrence; Jim McKay (2001). Globalization and sport: playing the world. SAGE. p. 82. ISBN 9780761959694. Besoek op 4 Julie 2011.
  2. Australian Rugby League and National Rugby League. "Rugby league" (PDF). Australian Human Rights Commission Report. hreoc.gov.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Mei 2012. Besoek op 13 Mei 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne