Algemeen | |
---|---|
Naam | Natriumbromied |
![]() |
![]() |
Chemiese formule | NaBr |
Molêre massa | 102,89 g/mol [1] |
CAS-nommer | 7647-15-6[1] |
Voorkoms | Kleurlose of wit vaste stof[1] |
Reuk | geen |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=593 pm[2] |
Ruimtegroep | Fm3m[2] |
Nommer | 225 |
Strukturbericht | B1 |
Smeltpunt | 755 °C[1] |
Kookpunt | 1390 °C[1] |
Digtheid | 3,2 [g/cm3 @ 25 °C[1] |
Oplosbaarheid | 946 [g/L] @ 25 °C [1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | geen |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Natriumbromied is 'n verbinding van natrium en broom met formule NaBr. Dit is 'n sout van die suur waterstofbromied (HBr) en die basis natriumhidroksied (NaOH).
Dit is 'n kleurlose of wit materiaal wat diamagneties en elektries isolerend is. Die bandgaping is direk maar taamlik breed (4,09 eV)[2]
natriumbromied word uit seewater en ander bogrondse en ondergrondse waters verkry. Die sout word gebruik in vloeistowwe wat in die olie- en gaseksplorasie gebruik word. In kragstasies wat steenkool verbrand word dit gebruik om kwikdamp af te vang. Dit vind ook in watersuiwering toepassing[3]
Die sout is in die 19de en vroeë 20ste eeu toegepas teen epilepsie, maar vandag word dit net by honde en katte soms nog gebruik.[4]