Algemeen | |
---|---|
Naam | Natriumfluoried |
![]() |
![]() |
Chemiese formule | NaF |
Molêre massa | 41,99 g/mol [1] |
CAS-nommer | 7681-49-4[1] |
Voorkoms | Kleurlose of wit vastestof |
Reuk | geen |
Fasegedrag | |
Ruimtegroep | Fm3m |
Nommer | 225 |
Strukturbericht | B1 |
Smeltpunt | 993 °C[1] |
Kookpunt | 1704 °C[1] |
Digtheid | 2,78 (rel water)[1] |
Oplosbaarheid | 4.3 g/100 @ 25 deg C [1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | geen |
Veiligheid | |
Flitspunt | geen |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal ![]() |
Natriumfluoried (NaF) is 'n chemiese verbinding en medikasie. As 'n medikasie word dit hoofsaaklik gebruik om tandbederf in kinders ouer as 6 maande te verhoed in die gebiede waar die drinkwater laag is in fluoried.[2] Natrium fluoried kan mondelings as 'n vloeistof, pil, of pasta geneem word - die gebruik van 'n pasta wat direk aan die tande aangebring word staan as fluoriedterapie bekend.[3]
Normale dosisse kan soms wit merke op die tande veroorsaak, en oormatige dosisse kan lei tot bruin of geel verkleuring.[4] Dit werk waarskynlik meestal deur direkte kontak in op emalje en plaak, en nie sistemies nie. Natrium fluoried is 'n kleurlose vaste stof. Dit word gewoonlik deur die vermenging van fluorsiliensuur met natriumhidroksied voorberei.
Natrium fluoried het in die 1940's in gebruik gekom om tandbederf te voorkom.[5] Dit is op die WGO se lys van noodsaaklike medisyne - die belangrikste medikasie wat nodig is in 'n basiese gesondheidstelsel.[6] Dit word algemeen gebruik vir die fluoridering van water, en word by tandepasta gevoeg.[7] 'n geskatte 90 persent van die tandepasta in die Verenigde State van Amerika bevat een of ander tipe van fluoried.[8]