Naxos Records | |
Plaatetiket | |
Tipe | |
---|---|
Gestig | 1987 |
Hoofkantoor | Hongkong |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Musikale vermaak |
Moedermaatskappy | HNH International[1] |
Webwerf | naxos |
Naxos is 'n plaatetiket wat spesialiseer in klassieke musiek. Naxos stel deur 'n aantal handelsmerke ook Chinese musiek, jazz, wêreldmusiek en vroeë rock & roll vry. Die maatskappy is in 1987 deur Klaus Heymann, 'n Duitsgebore inwoner van Hongkong gestig.[2]
Sedert 2009 versprei Naxos ook Blu-ray-skywe, en het die maatskappy ook 'n webradio en potgooie. Naxos laat die lede van ingeskrewe openbare biblioteke en musiekskole, soos die Hongkongse Openbare Biblioteke, Aucklandse Biblioteke, Wellington Stadsbiblioteke en Toronto Openbare Biblioteek toe om gratis klassieke musiek uit Naxos se katalogus van die web af te laai, asook jazz-versamelings.