Nedbank | |
![]() | |
Tipe | Openbare Maatskappy |
---|---|
Gestig | 1888 |
Hoofkantoor | Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Michael William Thomas Brown (hoof- uitvoerende beampte) Raisibe Morathi (hoof finansiële beampte) Mfundo Nkhulu (hoofbedryfsbeampte) Vassi Naidoo (voorsitter van die raad) |
Gebied bedien | Suid-Afrika, Mauritius, Malawi, Zimbabwe, Namibië, Mosambiek, Lesotho, Eswatini, Man (eiland), Guernsey, Jersey en Londen Verteenwoordigende tak in Dubai |
Industrie | Bankwese |
Produkte | Finansiële dienste |
Inkomste | R31,8 miljard (2012) |
Werknemers | +31 227 (2018) |
Slagspreuk | "Make things happen" |
Webwerf | www.nedbank.co.za |
Nedbank Groep Beperk (JSE: NED Geargiveer 10 Desember 2007 op Wayback Machine) of beter bekend as Nedbank is een van die vier groot banke van Suid-Afrika, alhoewel dit egter een van die nuutste banke is om plaaslik geïnkorporeer te word. Sy hoofkantoor is in Johannesburg en sy markkapitalisasie bedra R136 miljard op 31 Desember 2018. Nedbank het 7,9 miljoen kliënte met R826 biljoen se deposito's en R1,044 miljard se bates.[1]